"Hi,
I just spoke to Candice at the Northern Suburbs office to book an apointment. I have never dealt with anyone more professional than her. I have no doubt that the service I will recieve will be the same. Well done" - Carlo
"Goeie dag. Ons het ‘n rukkie gelede die dienste van The Drain Surgeon in Bloemfontein gebruik en wil net bevestig dat ons baie beindruk is met die manier waarop Ephraim ons kliënte hanteer. In besonder, het ons verlede week ‘n geval gehad waar die versekerde ‘n eis by ons ingedien het vir ‘n “gebarste geyser”. Ons het Ephraim gevra om iemand uit te stuur om die geyser te vervang. Versekerde se geyser het egter toe gladnie gebars nie, en dit was slegs ‘n pyp wat probleme gegee het. Versekerde het toe ook intussen hierdie pyp self laat vervang. Ons het dus op hierdie spesifieke eis toe nie die dienste van The Drain Surgeon nodig gehad nie. Ons het egter gesukkel om die bybetaling vir die gevolglike waterskade uit die versekerde te kry en Ephraim het met ons versekerde onderhandel. Uiteinde van die saak is dat hy met ons versekerde gereël het om die bybetaling oor te betaal – iets wat ons kantoor nie kon regkry nie.
Jy sal verstaan, as jy kyk na bogenoemde omstandighede, dat hierdie NIKS met The Drain Surgeon of met Ephraim te doen gehad het nie, en tog het hy uit sy pad uit gegaan om ons te help. Hierdie tipe diens kry mens net nie meer nie – ek dink ons in Suid-Afrika is al so gewoond aan swak diens dat dit eintlik die norm is in plaas van die uitsondering!
“Bottom line” – Ephraim se diens is uitstekend en as gevolg van sy diens sal ons beslis op ‘n gereelde basis van The Drain Surgeon se dienste gebruik maak. Ons vertrou dat jy ook ons waardering aan hom sal oordra op ‘n toepaslike manier." - Wilma Reyneke
"Graag wil ek onder u aandag bring dat Annemarie van Drain Surgeon in Bloemfontein uiterse uitstekende diens verrig het met die herstel van ‘n watermeter lek op die sypaadjie.
A.g.v. geen reaksie van ons plaaslike Munisipaliteit gedurende die afgelope 12 mde, het ek Draign Surgeon gekontak om te hoor of hul nie die fout kan herstel nie. Die kontrakteur is uitgestuur en ‘n seel is vervang aan die buitekant van die meter. Ek is ingelig dat daar steeds ‘n fout binne die meter is wat alleenlik deur die Munisipaliteit herstel mag word.
Sonder enige moeite het Annemarie namens my die jaar lange fout by die Munisipaliteit begin opvolg. Sy het my gedurig ingelig gehou en gereeld vasgestel of die fout al herstel is. Soos u seker weet, is dit ‘n saak van onmoontlikheid om reaksie uit die munisipaliteit te kry. Dit was geen moeite vir Annemarie om hierdie probleem by my oor te vat en op te volg nie? Wonder bo wonder het die Munisipaliteit hierdie week iemand uitgestuur om aandag aan die fout te gee.
Hierdie dame is een uit ‘n miljoen. Sy is ‘n groot aanwins vir u maatskappy. Dra asb. weereens my innige dank aan haar en die Bloemfontein span oor. Wat ‘n uitstekende advertensie vir u maatskappy.
Haar altyd vriendelike hulp en uitstekende diens word hoog op prys gestel. U kan voorwaar trots wees op haar." - Christelle Karsten
"Baie dankie vir Drain Surgeon se uitstekende dienste, julle het ons regtig baie gehelp. Ek kan ook sê dat julle werkers baie beleefd en professioneel is. Dit is iets wat mens min sien.
Weereens dankie vir julle uitmuntende dienste!!!" - Charmain Holland-Muter
"Just to let you know that the guest lecture given by Charles Cronje on Wednesday was fantastic. He gave real life examples of good plumbing practice to the students and had stunning photos to show them. Thank you so much for helping me find a guest lecturer from your company, Charles did Drain Surgeon proud!!" - Jane
"Hi,
I just spoke to Candice at the Northern Suburbs office to book an apointment. I have never dealt with anyone more professional than her. I have no doubt that the service I will recieve will be the same. Well done"
The Drain Surgeon Franchising
Africa (Pty) Ltd is a full member
of The Franchise Association of S
outh Africa (FASA) and operates
its franchise opportunity in
accordance with FASA Code of
Ethics and Business Practices.